Friday 20 August 2021

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


 YSTERKLOU BEPERK

Ysterklou is reeds voor die Engelse Oorlog Herk Drie Hamman se beskeie tuiste vir sy familie se sakebelange. Die maatskappy groei tot ’n reus, maar sukses kom nie sonder sonde nie; Ysterklou het meer geraamtes in die kas as geld in die bank. Op Vrischgewaagt boer net vroue, en met groot sukses. Vier geslagte na mekaar sterf hulle mans jonk en laat net ’n dogter na; gruwelike ongelukke, of iets anders? En die Bakwena se hele bekende wêreld word omver gewerp deur die onverwagte koms van die basweu – wit mense – wat gekom het en bly. Maar, danksy versiende hoofmanne, staan die Bakwena ook sterk.

Niemand bly onaangeraak nie. Maar drie sterk bulle is te veel vir Zandfontein se klein kraaltjie.

Eenkant, uit die hoofstroom, in die skadu van die Magaliesberg –die ou Kashan-berg – leef en sterf helde en skurke, heiliges en owerspelers, woestaards en wellustelinge; gewone mense ook. Die mooiste en lelikste van die lewe bind die Zandfonteiners. Die jongste geslag stry om sin te maak van die hede; die verlede is verby, die toekoms is onseker.

Genoeg is altyd nog meer as wat ’n mens het. Die magtige Ysterklou het sy oog op die Vrischgewaagt-vroue se uitgebreide agribesigheid, asook die skatte onder die Bakwena se grond; dalk is daar selfs diamante. Op hulle beurt beplan die Vrischgewaagt-vroue en die Bakwena om die Hammans ’n streep te trek en beheer van Ysterklou te verkry; daardie pot goud is net te begeerlik.

Uiteindelik, op dáárdie vergadering, dryf Erika Hamman sake op die spits en niks is ooit weer dieselfde nie.

A Generation Apart by Dave Baker

 

Cover design and layout by Stella Stofberg

Whereas most people barely bat an eyelid when a middle-aged man becomes romantically involved with a girl more than thirty years his junior, a middle-aged woman who takes on a youth that much younger than her is accused of having a ‘toy boy’.

Wendy Forsyth finds herself in that exact predicament when she finds herself seriously attracted to a neighbour’s son while giving him extra maths lessons. 

The story describes her fears, worries and emotions in detail as she battles with her unusual conundrum.

You’ll likely experience a mixture of reactions as you follow what transpires – at times sympathy with her plight but, at others, criticism of her actions. But, whatever your response, you’ll find it a fascinating read.


Alfonzo's Quest by Toekie Oberholzer

 

Cover design and layout by Stella Stofberg

... a baby falling through space ...

The existential despair of his identical twin brother sends Alfonzo Vaughn on an urgent quest to uncover their mysterious parentage. While a psychiatrist explores the telepathic connection, shared dreams and past life memories of the twins, Alfonzo embarks on a psychological journey which takes him from the pubs and police cells of Cape Town to the exotic hippie culture and Buddhist monasteries of Kathmandu and entangles him in a manhunt for an international drug lord.


If you can't play it . . . by John Hargreaves


 ‘I’m the best drummer in the country’ John Hargreaves would jokingly say. Then add, self-deprecatingly, ‘Pretty average in the city, but in the country I’m tops’. This is public persona John, cocky and cheerful. His memoir shows  another more complex, more interesting John, who, although born into the hey day of white privilege, found himself, at fifteen, out of school, homeless and obliged to support himself. Undaunted, optimistic, gay, recklessly promiscuous, doggedly self-sufficient, he drummed his way from job to job, from gig to gig, from lover to lover, from Johannesburg to New York, from pop to classics, from dance band to orchestra. And then from contentment to despair …

DORINGDRAADSTORIES deur Francois Jordaan

 

Doringdraadstories vertel van sorgelose plaaskinders wat wild grootgeword het met koel Vaalriviersand tussen die tone, die roep van visarende en familiekuiers om eetkamertafels. 

Die skrywer onthou lekkerkuierstories uit sy jongdae: stories met stertjies, want sonder ʼn tit­seltjie verbuiging is sulke stories soos kos sonder speserye. Dit was tye toe die lewe ongekompliseerd, misdaadvry en min­der gejaagd was; toe daar altyd tyd vir gesels en onverwagte gaste was. 

Geniet sy verhale oor paraffienyskaste, diamantsmokkelary en 1950’s-inryteaters waar Wilde Weste-helde twaalf skote uit six-shooters kon kry, sonder herlaai. Dit was tye toe lekkie pêkets se pienk diakenpille en jêp skrêp-speelgoed ‘n kind se grootste drome bewaarheid het.  

Daar is stories oor swaarkry: van voorgeslagte se geswoeg ná Kitchener se verskroeideaardebeleid; versengende droogtes; uitmergelende vee­voerskuld. 

Doringdraadstories nooi lesers om ‘n paar oomblikke tot rus te kom en ‘n bietjie suiwer nostalgie te geniet.