Tuesday 6 October 2020

STORIES WAT EK ONTHOU deur Jack van Dyk

 

Uitleg en omslagontwerp deur Stella Stofberg

ʼn Deeglik nagevorste, onderhoudende vertelling van ʼn ryk lewe deur iemand wat in Hermanus gebore en getoë is. Die vertellings, soms komies, soms aandoenlik van die lewe soos dit was, betrek die leser by die mense van vroeër en wanneer dit nog verder in die geskiedenis delf na die herkoms van twee families, verdiep die betrokkenheid en verbreed die perspektief oor ons herkoms. Voeg daarby die plasing van die gebeure teen die agtergrond van wêreldgebeure en die geskiedenis van Suid-Afrika, word dit nog meer relevant en word dit meer as ʼn nostalgiese belewenis van die verlede.

Die verteller het wye draaie deur die land geloop en weer tuisgekom in sy hartland om hier die geskiedenis vir sy onmiddellike familie neer te pen. Dis kosbaar dat hierdie verhaal op so ʼn wyse vir die nageslag bewaar word en die kinders en kleinkinders nie eendag hoef te wonder waar hulle vandaan kom nie. Die spore lê voorwaar diep en wyd.

Elize Gerber

Monday 5 October 2020

VUUR IN SY VINGERS – die verreikende invloed van NP van Wyk Louw

 

Omslagontwerp deur Stella Stofberg

Wat ’n interessante en insiggewende projek met bydraes deur o.a. Max du Preez, Koos Kombuis en PG du Plessis wat ek besonder baie geniet het. Asook ’n kykie agter die gordyn oor RAKA (die ballet) deur een van ons bekendste balletdansers, Eduard Greyling.

VUUR IN SY VINGERS – die verreikende invloed van NP van Wyk Louw is vandag drukkers toe.

Die ISBN-nommer is: 978-1-928283-59-1

En kan bestel word by Hemel & See boeke:

Foon 028 316 4852

Sel 082 750 7274

hemelenseeboeke@hermanus.co.za